More Helene Vergeet van die feit dat hierdie mense baie meer gedoen het as wat ek verwag het - Ek is ongelooflik impressed. Almal van hulle is professioneel, ordentlik en regtig 'n VIP-span. Wat 'n aanwins en advertensie vir jou firma. Dit is die heel beste wat ek ooit getrek het, insluitend met D & D. (En daar was hulle nog 'cat foot' ook vir my, die baas inkluis!!!). Hulle het so mooi met my goed gewerk, niks gekap, gestamp of gebreek nie en iets wat my grensloos irriteer, hulle het nie onnodig hard en aanhoudend oor str..... met mekaar gepraat nie. Ek het my nou verplig gevoel om jou te laat weet, jy kan met reg trots wees op hierdie mense. Dankie solank tot sover, hulle is amper op pad. Groete DEOLENE - DURBANVILLE NA JHR-STOOR
Have you used this business? Tell others about it with a SNUPIT review! Write Review