Pika-Nini Kleuterskool is 'n Christelike dagsorg-fasiliteit wat daarna streef om kinders aktief te stimuleer deur middel van leer- en speel aktiwiteite. By ons is u kind se ontwikkeling fisies, emosioneel sowel as akademies, top prioriteit. Die skool beskik oor 'n verskeidenheid toerusting wat ons gebruik om u kind daagliks aktief te stimuleer om hulle volle potensiaal te bereik.
Ons vul ook ons onderrig aan met opsionele buitemuurse aktiwiteite wat spesifieke ontwikkelingsaspekte teiken soos:
growwe- en fyn motoriese ontwikkeling
musiek-vaardighede
tegnologiese-vaardighede.
Vir meer inligting oor die buitemuurse aktiwiteite wat ons bied, besoek asseblief die aktiwiteite bladsy.
Pika-Nini is oop vanaf 6:30 tot 17:15 weeksdae asook skoolvakansies. Ons voorsien ook voedsel aan die leerlinge en volg 'n streng uitgewerkte dieëtplan gepas vir u kind se ouderdom.
Ons beoog om u kind te beskerm, te onderrig, te versorg en lief te hê deur aktief na hulle te luister, te leer en te laat speel. Ons ondersteun u kind om 'n onafhanklike en selfstandige klein mensie te word deur hulle aan te moedig om vir hulself te dink en hulle selfbeeld op te bou deur dissipline, ondersteuning en baie liefde.
By Pika-Nini verseker ons dat ons die nodige kennis dra en ondervinding het om u kind se welstand en ontwikkeling eerste te stel.
Vir meer inligting kontak ons gerus.
Services Provided
Work Focus