Altwee my kinders is en was in Speelkasteel. My seuntie (4) is tans daar, en is baie gelukkig. My dogtertjie (tans 7), was by Speelkasteel vanaf 3 jaar tot Graad R. Sy was skool gereed en voorbereid vir Graad 1. Speelkasteel se curriculum is uitstekend, en op standaard. Jy kan verseker weet jou kind se ontwikkelling word na om gesien, en hulle is skool gereed as hulle Speelkasteel verlaat. Ek is baie tevrede. Daar word ook na jou kind se welstand om gesien, en die kind se belange word op die hart gedra. Personeel is bekwaam, en vriendelik. Dankie aan almal by Speelkasteel vir julle bydrae tot my kinders se opvoeding.
Have you used this business? Tell others about it with a SNUPIT review! Write Review